'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
Algemeen
Ek soek beskerming in Allah teen Satan die verworpene en ek begin met die Naam van Allah, die Alomgenadige, die Genadigste.
Allah het Homself deur middel van Name in die Koran geopenbaar en geïdentifiseer sodat ons as hoorders en lesers van Sy Woord, Hom beter kan ken en verstaan. Die meegaande lyste van Name is in die volgorde soos wat dit van voor tot agter in die Koran geopenbaar is, soos Allah wil...
Hierdie name is Beskrywende Naamwoorde en het pragtige betekenisse en waarde vir die Moslem, juis omdat dit Allah se betrokkenheid by ons lewens vandag en ook more beskryf. Allah was mos nie net in die verlede by ons betrokke nie.
Allah wil mos juis vandag by ons betrokke wees waar ons ook al werk of besig is, in ons daaglikse uitdagings en op ons reis op die lewenspad hier en nou... of dit goed gaan en of ons siek is... Allah is nou, hier, met jou ook besig!
Erkenning:
Jazak'Allah vir die bydrae wat broer Achmat Fish hier gelewer het om my te help om Allah se betrokkenheid by ons lewens vandag nog beter te verstaan soos weërspieel deur die Name van Allah: mag Allah hom ryklik seën: alle lof en dank kom Allah toe.