4.2 Vas

 

4.2 Vas

 

Vas beteken vir die Moslem om vir 'n gegewe tyd vrywillig, geheel en al, klaar te kom sonder dit wat Allah wel as wettig vasgestel het, en behels eet, drink, en enige vorm van seksuele bevrediging. Medikasie val ook in hierdie kategorie maar die Moslem mag net in oorleg met sy of haar geneesheer daaroor besluit...

 

Die Moslem vas dan ook vanaf 'n bepaalde tyd voor dagbreek tot en met presies sononder.

 

Vas, op die Moslemmanier, is onvergelykbaar en leer die Gelowige die beginsels van 'n opregte liefde vir Allah.

 

Dit leer die Gelowige 'n skeppende sin van hoop, toewyding, geduld, onselfsugtigheid, matigheid, wilskrag, die wysheid van besparing, spaarsaamheid en gesonde begroting, volwasse aanpasbaarheid, gesonde oorlewing, dissipline, die gees van sosiale samehorigheid en broederskap.

 

Vas gedurende die maand van Ramadan word beskou as 'n Aanbiddingsdaad en is verpligtend vir elke volwasse Moslem wat geestelik en liggaamlik fiks en gesond is en nie op reis is nie. Moslemdames is verder uitgesluit van hierdie verpligting tydens menstruasie en terwyl hulle 'n babatjie borsvoed.

 

Daar is basies twee soorte Vas:

 

1. Verpligte Vas vind een maal per jaar plaas vir ongeveer dertig dae tydens die maand van Ramadan wat volgens die “Maankalender” die negende maand van die “Islamjaar” is:

 

2. Vas wat aanbeveel word vind plaas op Maandae en Donderdae van elke week asook drie dae in die middel van elke “Islammaand”, gedurende ses addisionele dae na afloop van Ramadan direk na die Feesdag of Eid-dag en dan ook 'n paar dae gedurende die maand wat Ramadan voorafgaan.