'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.16 Klink dit bekend?
3.16 Klink dit vir jou bekend? Dit was 'n bespreking van die Geloofsartikels. Wel as meeste van hierdie Geloofsartikels ooreenstem met wat jy glo, veral die eerste een genoem in paragraaf 3.1 dan is jy so te sê 'n Moslem. Of as jy voel dat jy jouself met meeste van hierdie Geloofsartikels kan vereenselwig dan is jy nader aan Moslemwees as wat jy dalk besef het. So jy sien, Moslems is na alles nie sulke vreemde wesens as wat die buitewêreld dink nie. Ek dink die vreemdheid word dal veel eerder deur kultuurverskille veroorsaak? Daar is veral in die Christelike Teologie van ons tyd al soveel sekerheid onder Christelike Teoloë wat betref die onwaarskynlikheid van Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood, dat die ou mure wat Islam van die Westerse Wêreld geïsoleer het al meer en meer begin begin om te verbrokkel... Ek glo Islam wil graag aan die Christelike Wêreld 'n liefdevolle en welkome heenkome bied aan daardie Christen Gelowiges wat al meer tot die onredderende ontnugtering gelei word deur die werklikheid van die opregte maar misleide bedoelings van sy of haar Kerk. As ons nou kan begin om mense soos jy bewus te maak van hierdie heenkome wat jou kan help om jou geloof te behou in plaas daarvan om dalk jou geloof te verloor en ons kan Moslems bewus maak van die sluimerende behoefte van nie-Moslems aan so 'n liefdevolle welkome tuiste, sal beide rolspelers in hierdie gebeure gereed wees vir wat gaan gebeur, soos Allah Wil.