'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.15 Tradisie
3.15 'n Moslem tref 'n duidelike onderskeid tussen die Koran en die Oorgelewerde Gewoontes en Gebruike van die Profeet Mohammed. Waar die Koran as die woord van Allah beskou word, word die Oorgelewerde Gewoontes en Gebruike van die Profeet Mohammed beskou as die praktiese vertolking van die Koran: dit behels dit wat hy geleer of verkondig het, dit wat hy gesê het en sy maniere van optree.