'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.13 Eet niks vir Soetkoek!
3.13 'n Moslem glo dat geloof nie volledig is wanneer dit blindelings nagevolg word of sommer net so goedsmoeds sonder vrae en sonder absolute sekerheid aanvaar word nie. Met ander woorde 'n Moslem eet nie enige kennis sommer so vir soetkoek op nie. En daar word ook nie van jou verwag om enigiets oor Islam vir soetkoek op te eet nie. Moslems glo dat die mens sy of haar geloof en godsdiens moet bou op goed gefundeerde oortuigings bo enige redelike twyfel en bo enige onsekerheid. Islam waarborg vryheid van geloof en verbied enige vorm van dwang in godsdiens. Daarom is dit belangrik dat jy sal onthou dat Moslems omdat hulle ook maar net mense is soos jy, en die lig van Allah deur middel van Islam dalk nog nie perfek in die lewens van alle Moslems funksioneer nie, dat Allah ook vir die Moslems, wat hierdie beginsels verontagsaam en oortree, wil leer wat Islam werklik is, en wat meer is: dalk wil Allah juis vir jou gebruik om dit te help doen! Ja dit is nou vir jou 'n gedagte nè.