'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.12 Die Oordeel: jou keuse
3.12 'n Moslem glo dat Allah niemand verantwoordelik hou alvorens Hy vir daardie mens die Regte Weg gewys het nie, en met Regte Weg word bedoel: Hoe om binne die Wil van Allah te lewe.
Dit is hoekom ek hier tik en jy hier lees: ek wil graag vir jou vertel en jy wil graag meer weet...
Moslems glo dat indien mense nie van Islam weet nie en ook geen manier het om van Islam te weet nie, sal hulle nie verantwoordelik gehou word daarvoor as hulle nie Moslems is nie.
Daarom is dit die verantwoordelikheid van elke Moslem om Islam aan mense bekend te stel deur woord en daad.
Die keuse is nou joune wat jy met hierdie kennis gaan maak: Islam dwing niemand om 'n Moslem te word nie en Moslems is veronderstel om niemand te dwing nie. Uit te nooi en aan te moedig ja, maar dwing, nee!