'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.10 Almal sondeloos gebore
3.10 'n Moslem glo dat alle mense word sondeloos gebore, en dis sowaar ook weer jy. Moslems glo die mens word eers aanspreeklik en verantwoordelik vir sy eie denke, bedoelings en dade wanneer hy of sy geslagsryp word en dit is so om en by die ouderdom van 15, en indien hy of sy geestesgesond is. Die mens is ook vry van sonde totdat hy of sy sonde doen. Moslems glo nie in ingebore sonde of oorgeërfde sonde nie. Adam was die eerste een wat sonde gedoen het, en Allah het hom vergewe nadat hy gebid het en Allah om vergifnis gevra het daarvoor. Moslems glo dus nie dat Adam en Eva uit die Paradys uit verjaag was weens hulle ongehoorsaamheid nie, maar dat hulle met 'n opdrag uitgestuur was. Moslems glo dus nie dat alle mense wat na Adam gebore word met die “sondevlek” of “sondelas” van Adam, die sogenaamde “erfsonde” in hulle lewens gebore word nie. Daarom glo Moslems ook nie dat die mens 'n eksterne verlosser nodig het omdat hy nie in staat sou wees en goed genoeg is om sy eie redding en verlossing te bewerk nie. En juis dit is wat Islam nog wonderliker maak: niks of niemand hoef doodgemaak te word vir my sonde nie: ek kan gewoon net berou hê om vergifnis vra by Allah en dit is vergewe. Dit wys net wat 'n wonderlike genadige Allah dien ons: nie alleen word ons sonder sonde gebore nie maar Hy staan gereed om ons sonder verwyt te vergewe. Dit maak van Islam die “Genadigste” godsdiens in my boek.