'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.6 Alwetend Almagtig
3.6 'n Moslem glo in die Tydlose Kennis van Allah en in Sy Almag om te kan beplan en Sy planne tot uitvoer te bring.
Allah staan dus nie onverskillig, agterlosig of neutraal teenoor hierdie wêreld en teenoor jou lewe nie, maar is geheel en al daarby betrokke.
Allah is Alwys, Regverdig en Liefdevol en daar is 'n goeie rede vir alles wat Allah doen of “laat gebeur” alhoewel ons nie altyd ten volle verstaan nie.
Ons moet werk daaraan om altyd 'n sterk geloof in Allah te hê en alles wat Hy doen of “laat gebeur” so aanvaar omdat ons kennis onbeperk is en ons denke gebaseer is daarop dat ons net altyd aan onsself dink, terwyl Allah se kennis onbeperk is en Hy, Sy beplanning doen met inagneming van die hele Heelal.
Die mens moet sy of haar verantwoordelikhede nakom en moet inderdaad nadink, beplan en goeie keuses maak, maar indien dinge nie noodwendig so uitwerk soos wat die mens beplan het nie, moet hy of sy nie moed verloor en hom of haarself oorgee aan bekommernis en stres nie. Dit is juis dan wanneer die mens ten volle moet vertrou, en weet dat hy of sy steeds binne die Plan van Allah vir hulle lewens is.