'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
3.7 Lewensdoel: Aanbidding
3.7 'n Moslem glo dat die doel van die lewe is om Allah te Aanbid.
Aanbidding bedoel nie dat ons, ons hele lewe in algehele afsondering en konstante meditasie sal deurbring nie. Om Allah te Aanbid beteken om jou lewe ooreenkomstig Sy opdragte te lewe, en om nie daarvan af weg te hardloop nie.
Aanbidding vir die Moslem beteken om Allah te ken, om Allah lief te hê, om Allah se opdragte te gehoorsaam, om Allah se wette toe te pas en te laat toepas in elke aspek van die lewe, en om die saak van Allah te dien deurdat hy of sy die goeie doen en die verkeerde te vermy. En laastens beteken dit om Allah regverdig te behandel, onsself regverdig te behandel en so ook ons medemens.