Voorblad & Voorwoord


Die Boodskap


van die


KORAN


deur S'aad en Sadia Bekker


'n


liefdeswerk


aan die hand van


die


Ma'ariful Quran


wat 'n omvattende kommentaar is op die


Heilige Koran


deur


Maulana Mufti Muhammad Shafi

------------------------------

Ek soek beskerming in Allah teen Satan die verworpene en ek begin met die Naam van Allah, die Alomgenadige, die Genadigste.

Deur die genade en guns van Allah hoop ek om solank die eerste Hoofstukke en baie van die laastes in die Koran eersdaags hier te kan plaas, so Allah wil: mag Allah my die krag gee en my entosiasme altyd vars en bruikbaar in Sy hande hou sodat ek vir jou ook, liewe Leser, hiermee kan bedien.

Ja, dit is 'n baie groot werk, maar 'n wonderlike ervaring en 'n heerlike voorreg. Alle Lof kom Allah toe.

Gebed: O my Allah, U ken my hart en my gedagtes, en U weet dat ek dit net met U hulp en onder U leiding kan doen en klaarmaak. Ek bid, ja ek pleit by U dat U asseblief hierdie projek, hierdie liefdeswerk net vir U Plesier sal volbring... en as net een Siel daardeur gered kan word tot U Eer en volgens U Wil... Amen.