3.4 Die Engele

 

3.4 'n Moslem glo in die Engele van Allah.

 

Die engele is suiwer geestelike wesens wat deur Allah geskape is en het nie nodig om te eet en te drink of te slaap nie. Ook het hulle geen fisiese begeertes of materiële behoeftes nie.

 

Die engele bring al hulle tyd in diens van Allah deur, en elkeen is belas met 'n spesifieke taak. Die engele kan ook nie met die oog gesien word nie. Maar kennis en waarheid is vir die Moslem egter ook nie beperk tot sintuiglike kennis en sintuiglike waarneming nie.