3.1 Een, Enigste, Enige God

 

3.1 'n Moslem glo in Een God en gebruik die woord Allah, soos vroeër verduidelik.

 

Daarmee verwys Moslems na die Oppermagtige, en die Ewige, die Oneindige en die Almagtige, Alomgenadige en Genadigste, die Skepper, Voorsiener en Onderhouer.

 

Allah het nie 'n pa of 'n ma nie, of seuns of dogters nie. Hy het ook niemand verwek nie en was deur niemand verwek nie. Allah het geen gelyke nie. Hy is die God van die hele mensdom en nie net van 'n spesiale stam, taal, ras of volk nie.

 

Allah is Verhewe en Oppermagtig maar is net so naby aan die toegewyde, sorgvuldige gelowiges. Allah verhoor hulle gebede en help hulle. Hy het lief diegene wat Hom liefhet en vergewe hulle sonde. Hy gee aan hulle vrede, geluk, kennis en sukses.

 

Allah is die Liefdevolle en die Voorsiener, die Vrygewige en die Liefdadige en Welwillende, die Ryke en die Onafhanklike, die Vergewende en die Toegeeflike, die Geduldige en die Waarderende, die Unieke en die Beskermer, die Regter en die Vrede. Al die kenmerke van Allah word in die Koran genoem.

 

Allah skep in die mens die insig om te verstaan, die siel en gewete om goed en gehoorsaam te wees, en die gevoel en sentiment om gaaf en menslik te wees. As ons sou probeer om Sy seëninge en gunste aan ons te tel, sal ons vind dat dit onmoontlik is omdat dit net eenvoudig te veel is.

 

In ruil vir dit alles, al die seëninge, guns en genade wat Allah aan ons skenk, het Hy absoluut niks van ons af nodig nie, omdat Hy geheel en al Behoefteloos en Onafhanklik is.

 

Allah vra slegs van ons om Hom te ken, om Hom lief te hê en om Sy Wil en Wet toe te pas tot ons eie voordeel en vir ons eie beswil.