3.2 Boodskappers en Profete

 

3.2 'n Moslem glo in al die Boodskappers en Profete van Allah sonder om enige onderskeid te tref.

 

Alle Boodskappers was sterflike mense wat toegerus is met Goddelike Openbarings en was deur Allah aangestel om die mensdom te leer. Die Koran noem die name van 25 sulke Boodskappers en Profete en noem dat net daar ander ook was. Die wat Allah in die Koran noem sluit in Noag, Abraham, Isak, Moses, Jesus en Mohammed.

 

Hulle Boodskap, Islam, was dieselfde en het van een en dieselfde Bron af gekom: “Allah” alhoewel Allah Homself skynbaar met verskillende Name aan die verskillende Boodskappers en profete geopenbaar het. Vandaar dat Moslems glo dat Allah nege en negentig baie besondere Name het waarmee Hy Homself in die Koran geopenbaar en beskryf het.

 

En die Boodskap van al die Boodskappers was eenvoudig: Stel jouself onderdanig aan die Wil van Allah en gehoorsaam Sy Wet met ander woorde: word 'n Moslem.