'n Afrikaanse Moslem Webtuiste
Die Boodskap van die Koran vir vandag en vandag se mense
Ander goeie "Websites"
Ek soek beskerming in Allah teen Satan die verworpene en ek begin met die Naam van Allah, die Alomgenadige, die Genadigste.
Ongelukkig is daar nog nie ander Afrikaanse Webtuistes waarheen ek jou kan verwys nie, maar probeer gerus die volgende Engelse "Websites"
Kliek op die verwysing na die = van elk Webtuiste asseblief om na die Webtuiste toe te gaan:
1. Islam Religion.com: Toe ek net so begin het om 'n Moslem te word het hierdie "Website" my nogal beindruk met hulle styl, antwoorde en volledigheid:
= http://www.islamreligion.com/
2. Discover Islam Centre: hierdie "Website" wat ek pas eers ontdek het is in die Kaap en ek hou baie van hulle eenvoudige maar baie effektiewe uitleg en veral omdat hulle gerig is op die maak van "Reverts" of dan "Nuwe Moslems" in hulle omgewing en die versorging en ondersteuning van daardie Nuwe Moslems of dan "Reverts" soos wat dit in die algemene gebruikstaal bekend staan. Hulle werk uiteraard ook meer onder Afrikaanssprekende mense en ek kan sien dat ons nog lekker gaan saamwerk, omdat ek kan sien dit gaan vir hulle ook oor siele, met ander woorde oor jou... ja jy wat nou hier lees!
= http://sites.google.com/site/discoverislamcentre/Home
3. Radio Islam: Ek het nogal baie entosiastiese aanmoediging gekry van die "Islam Newsletter" span toe ek net so begin het met die: "Dagstukkies" en het groot waardering vir hulle ongelooflike effektiewe en wonderlike werk. Ons luister graag na hulle, veral Saterdae heeldag op die "Public Domain" van DSTV en hulle program oor die Huwelik op Saterdagoggende mis ons nie maklik nie omdat dit so effektief is:
Radio Islam Website:
= http://radioislam.orgza.info/a/index.php
Radio Islam Newsletter: Stuur 'n epos met net die woord: "subscibe" aan:
= newsletter@radioislam.co.za
Radio Islam Library vir lekker aflaaibare Kommentare(Tafsir)
= http://radioislam.orgza.info/a/index.php?option=com_content&task=section&id=5&Itemid=47
4. Africa Muslims Agency: eendag sal ek die wonderwerk van hierdie Webtuiste met julle deel, wat basies daarop neerkom dat as jy die Stem van Allah hoor om iets te doen, moet jy luister en dadelik optree:
= www.africamuslimsagency.co.za
= http://www.africamuslimsagency.co.za/index.php?option=com_frontpage&Itemid=1
5.
As jy 'n denker is en nie alles sommer so vir soetkoek opeet nie, dan is die hierdie "Website" vir jou:
= www.forpeoplewhothink.org
6.
En as jy 'n Christen is of as jy na die regte antwoord soek om vir 'n Christen te gee, dan is hierdie "Website" skynbaar die volledigste een wat ek nog gesien het:
= http://www.answering-christianity.com/contra.htm
7.
Dit bly nou maar eenmaal so dat oorlede Oom Ahmad Deedat 'n baie spesiale gawe van Allah ontvang het om dieselfde tipe Sendingwerk onder Christene te doen as wat hulle onder hom probeer doen het. IPCI is die Sendingorganisasie vir Dawah wat hy gestig het en vandag is die organisasie en die "Website" ontwikkel tot 'n omvangryke organisasie wat baie suksesvol is, soos Allah wil:
= www.ahmed-deedat.co.za
8.