0. Inleiding en Opsomming

Ek soek beskerming in Allah teen Satan die verworpene en ek begin met die Naam van Allah, die Alomgenadige, die Genadigste.

Wat glo Moslems nou eintlik?

Hier wil ek graag, so Allah wil, die basiese Geloofsartikels van Islam plaas omdat ek dink dat mense oor die algemeen nie regtig weet wat Moslems glo nie. Hulle kry hierdie amper bisarre indrukke van Moslems en wat Moslems glo van die Media en veral die Internet en as mens dit net kan regtrek en in perspektief kan plaas, sal daar dalk, so Allah wil, nie sulke hoë mure tussen Moslems en nie-Moslems bestaan nie.

Veral in hierdie tyd waarin die Christendom in Suid Afrika in 'n krisis is omdat Allah al meer en meer die onwaarhede rondom Jesus in die Christendom deur hulle eie Teoloë oopbreek, volg maar net die debatte in die Koerante, sal Christene dalk al meer begin soek na 'n veilige hawe wanneer die Christendom in duie stort, en mense nie in ongeloof wil verval nie, soos Allah wil...

In watter mate bied Praktiese Islam daardie veilige hawe? 

Inhoudsopgawe:

 

1. Die betekenis en bedoeling van die woord: “Allah”

 

2. Die betekenis van die woord: “Islam”

 

3. Die Geloofsartikels: Sien A. links gelys...

 

4. Die Praktiese Toepassing van Islam: sien B. links gelys... 

 

5. Islam is 'n Gedragskode vir die Lewe: Sien C. links gelys...
 

Opsommende Uiteensetting van A: links gelys...

Die Bespreking van elke item is afsonderlik aan die linkerkant gelys. 

 1. Die betekenis en bedoeling van die woord: “Allah”

2. Die betekenis van die woord: “Islam”

3. Die Geloofsartikels

3.1 'n Moslem glo in Een, Enige God en gebruik die woord Allah.

3.2 'n Moslem glo in al die Boodskappers en Profete van Allah sonder om enige onderskeid te tref.

3.3 'n Moslem glo in alle geskrifte en openbarings van Allah, soos wat dit oorspronklik was.

3.4 'n Moslem glo in die Engele van Allah.

3.5 'n Moslem glo in die Oordeelsdag.

3.6 'n Moslem glo in die Tydlose Kennis van Allah en in Sy Almag om te kan beplan en Sy planne tot uitvoer te bring.

3.7 'n Moslem glo dat die doel van die lewe is om Allah te Aanbid.

3.8 'n Moslem glo dat die mens geniet 'n besondere hoë status in die hiërargie van alles wat geskape is.

3.9 'n Moslem glo dat alle mense word gebore as Moslems.

3.10 'n Moslem glo dat alle mense word sondeloos gebore.

3.11 'n Moslem glo dat die mens moet sy eie redding en verlossing uitwerk aan die hand van Allah se leiding. 

3.12 'n Moslem glo dat Allah niemand verantwoordelik hou alvorens Hy vir daardie mens die Regte Weg gewys het nie, en met Regte Weg word bedoel: Hoe om binne die Wil van Allah te lewe. (Koran 14:4)

3.13 'n Moslem glo dat geloof nie volledig is wanneer dit blindelings nagevolg word of sommer net so goedsmoeds sonder vrae en sonder absolute sekerheid aanvaar word nie. Met ander woorde 'n Moslem eet nie enige kennis sommer so vir soetkoek op nie.

3.14 'n Moslem glo dat die Koran die Woord van Allah is en dat dit deur middel van die Engel Gabriël aan Mohammed geopenbaar was.

3.15 'n Moslem tref 'n duidelike onderskeid tussen die Koran en die Oorgelewerde Gewoontes en Gebruike van die Profeet Mohammed.

3.16 Klink dit vir jou bekend?

...Die volledige besprekings is indiwidueel gelys aan die linkerkant...