Inhoudsopgawe


Ek soek beskerming in Allah teen Satan die verworpene en ek begin met die Naam van Allah, die Alomgenadige, die Genadigste.


As jy iemand is wat meer wil weet van Islam en wat Islam

nou eintlik regtig is, dan is hierdie Webtuiste net vir jou!

En ook as jy onlangs 'n Moslem geword het en

'n lidmaat van een van die Suid Afrikaanse Kerke was,

soos byvoorbeeld een van die

Gereformeerde- of Charismatiese Kerke, dan behoort hierdie

Webtuiste aan meeste van jou behoeftes te voldoen, soos

Allah wil.

Maar selfs al is jy 'n gebore Moslem behoort hierdie

Webtuiste vir jou baie te beteken omdat ons daarmee

vir jou dit wat jy glo en die Boodskap van die Koran in

jou eie moedertaal wil bring... soos Allah wil.

Alle dank en lof kom Allah toe!
 



DIE INHOUDSOPGAWE BEHELS DIE VOLGENDE:


Roeping en Sending: Wat het my geïnspireer om hierdie webtuiste te begin en 'n heerlike, vars, nuwe Afrikaanse vertaling van die Koran te maak?

Die Name van Allah: Allah het Homself deur middel van Beskrywende Naamwoorde in die Koran geopenbaar sodat ons 'n beter begrip kan hê van Wie die Een en Enigste en Enige God van die Heelal is. 

Die Koran in Afrikaans: "Die Boodskap van die Koran", 'n heerlike vars nuwe vertaling van die Koran sodat die Afrikaanssprekende leser kan "hoor" wat Allah, onder andere vir ons, vandag, deur die Koran wil sê.

Koran: Een jaar Leesprogram: 'n Hulpmiddel vir die besige mens wat die Koran ook gereeld jaarliks in sy of haar Moedertaal wil deurlees... 

Waar is dit in die Koran?: Tema Studies.

Dagstukkies uit die Koran: As die uitdagings en probleme van die lewe jou vandag wil onderkry dan wil Allah, soos Allah wil, jou net hier met 'n vers uit die Koran bemoedig...

Wat glo Moslems nou eintlik?: 'n Poging om die mure af te breek en onduidelikheid uit die weg te ruim... asook om geestelik te versorg...

Vrae en Antwoorde: 'n Poging om goeie antwoorde te gee op algemene en soms moeilike vrae...

Blog: Hier word dinge reguit gepraat... en praat moet ons want hoe sal mense anders weet...

Islam Aktueel: Die Media bevat al meer en meer berigte en debatte wat my bo enige twyfel die idee gee dat die Christendom in Suid Afrika tot ineenstorting gelei word aan die hand van ons eie Christelike Teoloë(Ullama): maar hoe gereed is Moslems in Suid Afrika om hierdie getraumatiseerde gelowiges in Islam te ontvang en te verwelkom? Lees die berigte hier...

Wie is 'n "Revert": Dis nou interessant hoor!: die baie fasette van wie 'n "Revert" is en die impak van Islam en Moslems op die "Revert" en andersom. Hoe gereed is ons om Gereformeerde-Afrikaner-Christen-"Reverts" in Islam te verwelkom...   

Wat wil jy weet?: Gee vir ons jou opinie en wat jy graag in die Webtuiste wil sien...

Vir die Dames: Islam stel unieke uitdagings aan vroulike "Reverts" en Moslems wat met "Reverts" trou... maar ook mooi geleenthede...

Islam is die Praktiese Oplossing: Islam bied soveel pragtige oplossings vir gewone menslike probleme...

Ander goeie "Websites": Sedert ek 'n Moslem geword het, het hierdie Webtuistes nogal baie vir my beteken... veral gesien vanuit die oogpunt van die wen-, versorging- en verryking van: "Siele vir Allah"... soos Allah wil...

Kontakbesonderhede: Vir terugvoer deur die lesers...

Bronnelys: Boeke- en Webtuisteverwysings van waar ek meeste van my inligting vandaan kry... 

30-07-2010

Users Online: 1